Divine Foods Missie

Read this
page in
English

Divine Foods

Ons passie is om natuurlike, voedsame, geurige en smaaklike kos voor te berei. Ons wil kos gebruik wat so na as moontlik aan die produk uit die natuur is. Ons gebruik vars, onverwerkte kos wat in seisoen voorkom. Waar moontlik, gebruik ons organies verboude produkte.

Ons ondersteun die Slow Food- beweging. My leuse in die lewe is om bestanddele in kos te gebruik wat sorgsaam verbou is en smaak na waar dit vandaan kom. Die kos moet eerlik, eenvoudig en met die hand voorberei wees. Eerstens ondersteun ons plaaslike boere en produsente. Ons gebruik ook tradisionele kookwyses in ons voorbereiding. As jy dit nie tuis kan voorberei nie, moet dit nie eet nie!

"If something is allowed to ripen before it's harvested, prepared by hand using time-honored methods and enjoyed among friends, its slow food" - Carlos

Die Reeks Divine Organiese Produkte

Ons beywer ons om verdwynende voedselsoorte te bewaar, biodiversiteit aan te moedig en oorlog te voer teen die homogenisering van kos. Ons ondersteun ook kleinskaalse produsente van etniese en plaaslike produkte regoor die wreld heen.

Ons maak voorsiening vir individue met unieke voedingsbehoeftes. Ons hou allergie- en vetvrye kosse aan en berei kos met 'n lae GI-indeks voor wat help met gewigbestuur en sekere toestande soos diabetes, AAS/H (aandagafleibaarheid/hiperaktiwiteitsindroom), ho cholesterol asook sportvoeding.

"The future includes an intimate connection with the past" - Fulvio Marino